Amnestie

DRINGEND

Het jou vuurwapenlisensie verval? Indien wel, moet jy noukeurig hier lees....

Die SAPD het gister, 8 November 2017, 'n vuurwapen amnestieplan aan 'n parlementêre portefeuljekomitee voorgelê, wat .... nie veel meer is as 'n verbloemde poging om die vuurwapen-eienaars te frustreer en uiteindelik van hul wapens te ontneem nie. 

In die huidige formaat, is die plan ten beste onprakties, irrasioneel en kwaadwillig.

Hier is enkele elemente van die "plan":    

  • Amnestie periode Februarie 2018 tot Julie 2018
  • Wapen-eienaars met vervalle lisensies moet in hierdie tyd hul wapens by die SAPD indien en dan binne 14 dae om 'n nuwe lisensie vir die wapen aansoek doen.
  • Alle wapens wat gedurende hierdie periode ingehandig word, sal ballisties deur die SAPD getoets word, voordat sodanige wapens aan hul eienaars terugoorhandig sal word.

Daar is legio redes om met die bestaande plan fout te vind. Indien jou lisensie verval het, hernu jou bevoegdheid so spoedig as moontlik, sodat jou bevoegdheid geldig is wanneer die amnestie inwerking gestel word.

Kontakbesonderhede: 


Tel: 011 793 11 36 option 2 (Monday to Friday 8 am – 5 pm)

Mobile: 084 56 57 566 / 082 575 48 28

E–Mail: amnisty@4guns.co.za 

Leave a Reply